Nissan Clearwater /Roodepoort. X-Trial kom nou vir die 3de keer van hul af. Op 22 November neem ek die voertuig na hul. Engin liggie "reset" aangesien dit per abuis uitgetrek was. Dan die kar "dynatune" vir die hoe petrol verbruik en kyk of hul kan sien hoekom die olie-verbruik so hoog is. Ek het na 7:00 die voertuig ingevat en na 4:00 terug gekry met slegs die liggie hersien en n nota onder aan die faktuur dat hul nie die olie lek kan vind nie en die engine moet uithaal en wegstuur dat n ander instansie daarna kan kyk. Hoe is dit moontlik dat Nissan tegnikuste nie self die engine kan oopmaak en die fout kan spoor nie? Sekerlikis daar slegs soveel problem wat hoe verbuik kan veroorsaak en nmagegaan kan word? Intussen is die probleem self opgelos!
Op 22 Desember stuur ek die voertuig terug. Petrol verbruik net so hoog en verloor krag. Ek wil by hul weet wat het hul verstel en word meegedeel dat die verstellings gedoen word volgens Nissan SA se spesifikasie waarop ek antwoord dat die einste spesifikasies my laat staan het! Die voertuig het nie die probleem gehad nie! Ek word versoek om die voertuig in te bring. Ek versoek die werkswinkel bestuurder om terselfdertyd die lug filter na te gaan aangesien die voertuig by Car Service City gediens was en ek die part bevraagteken. Ene Johny versoek om die kar by hom te hou vir n paar dae en self te toets. Hy sal die verstellings ook "manually" doen wat ek agterna verneem onmoontlik is, als is elektronies. Mnr Johny deel my mee dat die probleem die petrol filter is. Ek laat hul n nuwe installeer. Johnny toetsry die voertuig en deel my mee die probleem is nie weg nie, dit is die petrolpomp. Ek laat die petrol pomp vervang. Nou is als volgens Nissan Clearwater weer reg. Johny bevestig dat die lugfilter korrek is (wat n week later bevestig was dat dit n diesel filter is en nie n petrol filter nie), die MAF sensor en die cam/crank sensors als korrek toets. R4000-00 later. Het hul die voertuig gedynatune? Nee, hul het nie n masjien nie.
Na die eerste vol tenk merk ek dat ek steeds skaars 7km / liter kry en weer verloor die kar krag. Intussen word ek deur ander tegnikuste meegedeel dit is die MAF sensor. Ek vat die voertuig die 29ste Desember weer terug met n instruksie om die MAF te vervang. Skielik hoor ek Johny het n 2de handse MAF ingesit en dit was nie die probleem nie maar by ons vorige bespreking was die MAF elektronies IN DIE WERKSWINKEL getoets. Ek versoek of hul die petrol pomp getoets het (wat ek intussen laat toets het) en volgens die werkswinkel bestuurder, Johny, is dit nie moontlik om die pomp te toets nie. Toe ek melding maak dat die pomp skaars n uur terug gepomp was, wil Mnr Johny by MY weet hoeveel bar het hy gepomp. Daarna word ek meegedeel dat ek nie gevra het op watter wyse hul die MAF getoets het nie. Is dit my verantwoordelikheid? Verder deel Johny my mee dat hy dink die probleem is die cam/crank sensor -wat nie foutief getoets was nie!
Ek het my sleutels gevat en is daar uit en geweier om te betaal vir iemand wat raai-raai speel en parte bly vervang. Dit is n werkswinkel bestuurder se kennis! Ek was bereid om vir die MAF te betaal indien hul nie die petrol filter en pomp verniet vervang het nie!
Ek was en is baie tevrede met my XTrial en het tot 10km/l met lugreeling aan, gekry. Die kar ry glad en het baie pakplek. Dit is tragies dat een handelaar/werkswinkel mens so kan afsit van n Nissan produk.
09 January 2012
Dear Marius,
I read your website with great interest and attach my letter to Nissan S.A. + Milnerton Nissan + riversdal Nissan.
which I think you will find self explanatory and by all means publish it.
You don't indicate whether you have sorted out your warranty problem?
I look forward to keeping track on your site.
Sincerely,
Sue Gurney
back to mynissanstory.co.za | back to top
05 January 2012
Marius
My skrywe in Afrikaans.
Nissan Clearwater /Roodepoort. X-Trial kom nou vir die 3de keer van hul af. Op 22 November neem ek die voertuig na hul. Engin liggie "reset" aangesien dit per abuis uitgetrek was. Dan die kar "dynatune" vir die hoe petrol verbruik en kyk of hul kan sien hoekom die olie-verbruik so hoog is. Ek het na 7:00 die voertuig ingevat en na 4:00 terug gekry met slegs die liggie hersien en n nota onder aan die faktuur dat hul nie die olie lek kan vind nie en die engine moet uithaal en wegstuur dat n ander instansie daarna kan kyk. Hoe is dit moontlik dat Nissan tegnikuste nie self die engine kan oopmaak en die fout kan spoor nie? Sekerlikis daar slegs soveel problem wat hoe verbuik kan veroorsaak en nmagegaan kan word? Intussen is die probleem self opgelos!
Op 22 Desember stuur ek die voertuig terug. Petrol verbruik net so hoog en verloor krag. Ek wil by hul weet wat het hul verstel en word meegedeel dat die verstellings gedoen word volgens Nissan SA se spesifikasie waarop ek antwoord dat die einste spesifikasies my laat staan het! Die voertuig het nie die probleem gehad nie! Ek word versoek om die voertuig in te bring. Ek versoek die werkswinkel bestuurder om terselfdertyd die lug filter na te gaan aangesien die voertuig by Car Service City gediens was en ek die part bevraagteken. Ene Johny versoek om die kar by hom te hou vir n paar dae en self te toets. Hy sal die verstellings ook "manually" doen wat ek agterna verneem onmoontlik is, als is elektronies. Mnr Johny deel my mee dat die probleem die petrol filter is. Ek laat hul n nuwe installeer. Johnny toetsry die voertuig en deel my mee die probleem is nie weg nie, dit is die petrolpomp. Ek laat die petrol pomp vervang. Nou is als volgens Nissan Clearwater weer reg. Johny bevestig dat die lugfilter korrek is (wat n week later bevestig was dat dit n diesel filter is en nie n petrol filter nie), die MAF sensor en die cam/crank sensors als korrek toets. R4000-00 later. Het hul die voertuig gedynatune? Nee, hul het nie n masjien nie.
Na die eerste vol tenk merk ek dat ek steeds skaars 7km / liter kry en weer verloor die kar krag. Intussen word ek deur ander tegnikuste meegedeel dit is die MAF sensor. Ek vat die voertuig die 29ste Desember weer terug met n instruksie om die MAF te vervang. Skielik hoor ek Johny het n 2de handse MAF ingesit en dit was nie die probleem nie maar by ons vorige bespreking was die MAF elektronies IN DIE WERKSWINKEL getoets. Ek versoek of hul die petrol pomp getoets het (wat ek intussen laat toets het) en volgens die werkswinkel bestuurder, Johny, is dit nie moontlik om die pomp te toets nie. Toe ek melding maak dat die pomp skaars n uur terug gepomp was, wil Mnr Johny by MY weet hoeveel bar het hy gepomp. Daarna word ek meegedeel dat ek nie gevra het op watter wyse hul die MAF getoets het nie. Is dit my verantwoordelikheid? Verder deel Johny my mee dat hy dink die probleem is die cam/crank sensor -wat nie foutief getoets was nie!
Ek het my sleutels gevat en is daar uit en geweier om te betaal vir iemand wat raai-raai speel en parte bly vervang. Dit is n werkswinkel bestuurder se kennis! Ek was bereid om vir die MAF te betaal indien hul nie die petrol filter en pomp verniet vervang het nie!
Ek was en is baie tevrede met my XTrial en het tot 10km/l met lugreeling aan, gekry. Die kar ry glad en het baie pakplek. Dit is tragies dat een handelaar/werkswinkel mens so kan afsit van n Nissan produk.
Helge Kruger
view comments from 2011 | view comments from 2010 | view comments from 2009 and before | back to top